In-Detail Advertising and Design
 
 
 
 
 
 
 
 
   
 
 
 
 
     
   
   
     
   
PET#0046
Category: Government & Politics
 
Eed van getrouheid vir Skoolkinders
Created by Su-Marie Kotze on 14 February 2008 at 12:1
Total Signatures: 67 Petition Target: As Many as Possible
Petition Deadline: 20 February 2008 
 
IN normale omstandighede het die voorgestelde eed van getrouheid waarmee die skooldag in Suid-Afrika begin moet word, verdienste.Die minister van onderwys, Naledi Pandor, het die eed gister bekend gemaak wat pres. Thabo Mbeki in sy staatsrede voorgestel het. Oor die bewoording daarvan kan ’n mens nie beswaar hê nie, mits met die verwysing na die ongeregtighede van die verlede die volle verlede van die land bedoel word. En dat die verwysing na diegene wat vir geregtigheid en vryheid gely het, nie eksklusief bedoel word nie. Ook van belang is dat die skoolgaande jeug van alle groepe die eed met oortuiging van hul gemoed moet kan aflê. Daarvoor is dit nodig dat hulle moet voel dat hulle volledig deur hul vaderland aanvaar en gewaardeer word. Onder die Mbeki-bewind is dit vir veral die blanke jeug, maar ook vir bruin jong mense, toenemend moeilik gemaak om liefde vir hul vaderland te ontwikkel. Die ANC se rassistiese weergawe van regstellende aksie lewer ’n belangrike bydrae tot ontnugtering onder daardie jeuggroepe. Vandaar onder meer die kommerwekkende emigrasie van blanke en ook bruin jong mense na nuwe vaderlande waar hulle blykbaar meer gewaardeer en tuis voel as in Suid-Afrika. ’n Derde belangrike punt rakende die eed van getrouheid behels die verwysing na die beskerming van die regte en waardes van die Grondwet en die belofte om op te tree ingevolge die verpligtinge en verantwoordelikhede wat daaruit spruit. In Mbeki se ampstermyn is allermins ’n navolgenswaardige voorbeeld vir die jeug in hierdie verband gestel. Sy termyn is gekenmerk deur aanslae op belangrike grondwetlike beginsels en instellings. In die mate dat die land vandag deur die moontlikheid van ’n grondwetlike krisis rakende onder andere Jacob Zuma, nuutverkose ANC-leier, in die gesig gestaar word. Misdaad, korrupsie en swak dienslewering is op sigself in wese ongrondwetlik. As die leiers van die land self nie aan die eed van getrouheid getrou is nie, hoe kan van die skoolgaande jeug verwag word om so ’n eed met oortuiging te onderskryf. Die eed het die potensiaal om onder die jeug ’n kultuur van verdraagsaamheid, geregtigheid en erkentlikheid jeens mekaar en hul vaderland te kweek. Maar die sukses daarvan gaan afhang van die mate waarin die regering van die dag met sy beleidsrigtings en voorbeeld dit vir die skoolgaande jeug moontlik maak om die eed met oorgawe te kan aflê. (Volksblad 13 Februarie 2008)

Hoe kan kinders 'n eed aflê? Meeste kinders weet nie eers wat 'n eed is nie. 

Ek poog om met hierdie petiesie hierdie idee heeltemal af te skiet en sodoende ons kinders te beskerm teen die regering se invloede op hul gedagtes
 
I the undersigned hereby show my support for this petition.
FIRST NAME:   * required
SURNAME:   * required
EMAIL:   * optional
COMMENTS:   Limited to only 200 characters.
Only
characters left.

   
 
YOUR NAME:    
FRIENDS' EMAIL:    
ADDITIONAL COMMENTS:    
    Send to many friends »
 
Import your contacts from one of the accounts below
 
       
 
 
 
Last 4 Signatures:
67   Cornelia Rudman   Nee! My kind sal NIE 'n eed afle.Ek voel 'n kind verstaan dit nie, en my dogter het gese sy sal nie 'n eed afle nie. Waar is die regte wat ons kinders beskerm teen dit?Staan op vir ons kinders!!!!!
66   Natasha Botha  
65   Therina Roberts   Ek het alreeds my kinders verbied om die eed te sê! Hulle is in die nuwe SA gebore en het niks met die 'ou' SA se nonsens uittewaai gehad nie! VERGEET DIT!. Getrou aan my geloof en my kultuur alleen!
64   Naomi nel   polisie dokters prokureurs het 'n eed afgelê, het dit 'n verskil gemaak. Laat die regering eerder 'n eed aflê om korrupsie in parlement nie toe te smeer, maar met onmiddelike ontslag te straf
63   Chris le Roux  
62   Schalk Porter  
61   Soira van Lier  
60   David Viljoen   Ondersteun die siening. My kinders het reeds 'n waarde stelsel eed wat hulle by die skool afle. Dit is NIE 'n POLITIEKE eed nie. Sal die ANC edd persoonlik met alles in my teenstaan.
59   Michelle Nelson   stop forcing the past down the throats of people who weren't even around. This is brain washing!
58   Juanita Nortje   No, No, No. This generation is the children of democracy not apartheid. Do the germans still apologize for the gas chambers? Focus on what is important - stop crime, fix our electricity!
View all signatures
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | Next>
 
 
 
Forum:   By:   Posts:   Last Post:
TqHUdR aocdssdzqevv, [url=http://byvcujihaxvo.com/]byvcujihaxvo[/url], [link=http://oezyctupzkxj.com/]oezyctupzkxj[/link], http://pqiiwoykkqig.com/   http://gdiusfmvlbxq.com/      22 June 2010
20:57 
Post a Forum >
 
       
       
CONTACT US > TERMS OF USE >